Kategorieë
Aktueel

Nuut by PRAAG

Verskyn binnekort!

Kategorieë
Fiksie

Die lemmingmense, deur Fransi Phillips

En hy sou vra: „Wat is verkeerd daarmee om reg te wees?”

En ek sou sê: „Ek dink mens moet soms jou bek hou, al is jy reg.”

En hy sou vra: „Volgens watter wet?”

En ek sou sê: „Die lemmingmense se wet.”

En hy sou vra: „Watse soort wet is die wet van die lemmingmense, en wat laat jou dink dat jy in my kantoor aan so ’n onnosel wet onderworpe is?”

En ek sou sê: „Ek het hierdie gewoonte aangeleer om dit te gebruik teenoor mense wat ek nie ken nie.”

En hy het gesê: „Wel, moet dit nie teenoor my gebruik nie, jy beledig my intelligensie.”

En ek het gesê dat ek jammer is, hoewel ek eintlik bly was om te weet dat hy minstens intelligent genoeg was dat dit moontlik was om sy intelligensie te beledig.

ISBN 9781920128210 Prys: R220.

Verskyningsdatum: 11 November 2020.

Fransi Phillips studeer wysbegeerte en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Sy het reeds 14 boeke ge-publiseer en geniet wye erkenning as ’n vernuwende skryfster met ’n eie, unieke styl. Sy werk by ’n ambassade in Pretoria, waarna sy ’n aantal jare in Rusland deurbring. Tans vertoef sy in die Kalahari vir wat sy haar “Boesmanprojek” noem.