Kategorieë
Fiksie

Die ommegang, deur Jan van Aken

DIE DORS NA HANDGESKREWE BOEKE IS EWE STERK AS DIE VERSUGTING NA DRANK EN VERLEIDELIKE VROUE – MET ALTE LOSSE SEDES

In hierdie meesleurende verhaal wat in die laat 1300’s en vroeë 1400’s afspeel, maak ons kennis met Isidoor van Rillington wat regoor Europa en Asië reis op soek na kennis en insig. Hy trotseer oorloë, ontvoerings en die Katolieke Kerk wat sy eie skeuring probeer besweer deur al hoe meer Protestantse ketters op die brandstapel tereg te stel.

Dis ‘n lang reis, meesal te voet, wat eindig in die stad Konstanz waar ‘n sadistiese inkwisiteur gereed maak om meer as een onskuldige gelowige te laat boet. Beleef die Middeleeue soos nog nooit tevore nie: die groot stede met hul strate en stegies, hul musiek en katedrale.

ISBN 9781920128234

Prys: R340.

Koop per krediet- of debietkaart: KLIK HIER.

OF koop per elektroniese oordrag na ons bankrekening, betaal R400 (prys + koerierkoste) na:

Praag Uitgewery
TymeBank rekeningnommer: 53002057305
Verwysing: U voorletters en van
Stuur terselfdertyd u voorletters en van, asook u straatadres en selfoonnommer na winkel@praag.org.

Kategorieë
Fiksie

Hart van duisternis, deur Joseph Conrad

Hart van duisternis deur Joseph Conrad (1857 tot 1924) is een van die beste verhale oor Afrika en veral die Kongo wat daar nog ooit geskryf is. Ná die eerste boekpublikasie daarvan in 1902 het dit nog nooit verouder nie en lees dit vandag soos ‘n eietydse kommentaar op ons vasteland, veral die warm, broeiende ruigtes rondom die Kongorivier naby aan die ewenaar.

Charles Marlow, ‘n seeman vertel boeiend van sy moeisame soektog per rivierboot na die geheimsinnige meneer Kurtz, wat diep in die Kongolese oerwoud verlore geraak het. Blykbaar het Kurtz, wat eens ‘n beskaafde Europeër was, ontaard in iemand wat nie meer die die reëls van die beskawing gehoorsaam nie.

Soos wat Marlow nader en nader aan Kurtz kom, dreig die gevaar toenemend en raak die spanning ondraaglik. Wat gaan hy daar vind en hoe sal hy dit ooit aan sy base in Europa kan oordra? En gaan hy hoegenaamd die ekspedisie oorleef?

Hierdie dun boekie dra ‘n wêreld in hom saam. Dit hoort in elke Afrikaanse huis, nie net vanweë die asemrowende beskrywings van die rivier en die bos nie, maar ook weens die skrywer se geniale insigte in die verhouding tussen Europa en Afrika, tussen blank en swart.

Enersyds is Conrad al geloof vir sy kritiek op kolonialisme en rassisme, andersyds is hy veroordeel omdat hy juis onbevange oor oer-Afrika, sy rituele en sy mense skryf. Die Afrikaanse, asook die wêreldletterkunde, wemel van verwysings na Hart van duisternis. Die beroemde Hollywoodfilm Apocalypse Now het insgelyks sy tema hier kom leen.

ISBN 9781037008481

Prys: R207.

Koop per krediet- of debietkaart: KLIK HIER.

OF koop per elektroniese oordrag na ons bankrekening, betaal R267 (prys + koerierkoste) na:

Praag Uitgewery
TymeBank rekeningnommer: 53002057305
Verwysing: U voorletters en van
Stuur terselfdertyd u voorletters en van, asook u straatadres en selfoonnommer na winkel@praag.org.

Kategorieë
Fiksie

Die lemmingmense, deur Fransi Phillips

En hy sou vra: „Wat is verkeerd daarmee om reg te wees?”

En ek sou sê: „Ek dink mens moet soms jou bek hou, al is jy reg.”

En hy sou vra: „Volgens watter wet?”

En ek sou sê: „Die lemmingmense se wet.”

En hy sou vra: „Watse soort wet is die wet van die lemmingmense, en wat laat jou dink dat jy in my kantoor aan so ’n onnosel wet onderworpe is?”

En ek sou sê: „Ek het hierdie gewoonte aangeleer om dit te gebruik teenoor mense wat ek nie ken nie.”

En hy het gesê: „Wel, moet dit nie teenoor my gebruik nie, jy beledig my intelligensie.”

En ek het gesê dat ek jammer is, hoewel ek eintlik bly was om te weet dat hy minstens intelligent genoeg was dat dit moontlik was om sy intelligensie te beledig.

ISBN 9781920128210 Prys: R220.

Verskyningsdatum: 11 November 2020.

Fransi Phillips studeer wysbegeerte en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Sy het reeds 14 boeke ge-publiseer en geniet wye erkenning as ’n vernuwende skryfster met ’n eie, unieke styl. Sy werk by ’n ambassade in Pretoria, waarna sy ’n aantal jare in Rusland deurbring. Tans vertoef sy in die Kalahari vir wat sy haar “Boesmanprojek” noem.